Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Brumbies wen Hillcrest-toernooi

Brumbies wen Hillcrest-toernooi
 
2006-04-20


SOOS hul Australiese naamgenote in die Super 14 rugbytoernooi doen, het die Brumbies van King Williamstown dié naweek Hillcrest United se Paastoernooi oorheers.

Die Brumbies het die Paarlse span, Evergreens, 18-14 in die eindstryd geklop.

Dit was dan ook gepas dat drie spelers van beide dié spanne almal spesiale toekennings ontvang het.

Die Brumbies se Tyrone Robert (speler van die toernooi), Brandon Whittle (beste agterspeler) en W Pharo (meeste drieë, 3) het almal erkenning ontvang, terwyl Evergreens se Andre Rittels (beste voorspeler), Brandon Daniels (meeste drieë, 3) en Gert Pietersen (meeste punte, 26) ook uitgesonder is.

Hillcrest United se Edward McCarthy het ook drie drieë gedruk, terwyl United van Oos-Londen as die mees gedissiplineerde span aangewys is.

Die plaateindstryd is deur die gasheerspan, Hillcrest, gewen toe hulle vir United 31-17 geklop het.

Die res van die toernooi se uitslae: Evergreens Paarl k Evergreens Cradock 31-0, Newtons k United 10-3, Brumbies k Hillcrest 29-11, Watsonia k Black Vultures 21-7, United k Evergreens Cradock 17-14, Hillcrest k Black Vultures 67-0, Evergreens Paarl k Newtons 23-17, Brumbies k Watsonia 24-7.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za