Meisie (3) sterf onder taxi
2005-04-14
KLEIN Nimat Netherlands was maar net drie jaar oud toe sy Vrydag voor die wiele van ’n taxi in Paarl-Oos gesterf het.
Nimat het saam met ’n tante voor hul woning in Magnoliaweg gestaan en vir haar ma, Fahima Martin, totsiens gewuif waar sy aan die oorkant van die pad op ’n taxi dorp toe gewag het.
Sy het skielik haar tante se hand gelos en oor die pad gehardloop, reg voor ’n aankomende taxi.
“Die taxi het haar 50m ver gestoot,” het Fahima in trane vertel. “Alles het so vinnig gebeur. Ek het ’n deel van myself verloor, en nou het ons net foto’s en mooi herinneringe oor.”
Inwoners het ontstoke vertel dat Nimat die soveelste kind is wat al in dié pad in die woongebied verongeluk het “waar mense veels te vinnig ry”.
Die taxibestuurder was te geskok om kommentaar te lewer. ’n Saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek.
Vlakkeland
Twee mans het gesterf toe ’n motor Sondag om 16:30 op Jan van Riebeeckweg by Vlakkeland van die pad geloop het.
Die wit Audi, bestuur deur Ricardo McPherson (27) van die plakkerskamp by Franschhoek, het kort voor die verkeerskamera ’n bakkie verbygesteek toe hy beheer verloor het.
Die motor het van die pad geloop en teen ’n wal omgeslaan. Ricardo en Christopher Nphahlwa (37) van Open Space, Mbekweni, het gesterf, terwyl Christopher se broer, Thaphla, vir ernstige hoofbeserings behandel word.
Die ander twee insittendes is buite gevaar.
Mbekweni speur-insp Danie Viljoen (864-1515 of 084-241-8558) versoek dat ooggetuies, en veral die bestuurder van die bakkie, hom skakel.
Klein Drakensteinweg
In nog ’n noodlottige ongeluk is ’n man oorlede en van sy nege passasiers ernstig beseer in Klein Drakensteinweg Saterdagnag.
Volgens sy gesin was Gerstin Kermis (24) by sy ouerhuis in Harperstraat 41, Klein Nederburg, die nag toe hy ’n oproep kry om vriende by ’n nagklub in Huguenot te gaan haal.
Gerstin en ’n vriend, Roswin Fortuin, moes in die motor vir agt luiddrugtige partytjiegangers plekmaak.
Die motor het naby die Drakenstein swembad die pad verlaat en in ’n paal gebots. Gerstin is op slag dood.
Gerstin, ’n oud- student van Paulus Joubert, was besig met ’n finale jaar St Johns Ambulanskursus.
Insp Shane Pietersen (807-4000) soek drin- gend inligting oor die botsing.
* ’n Onbekende man het Saterdag op die Hermonpad buite Wellington gesterf toe hy onder ’n motor beland het. Speur-insp Nico de Villiers (873-3333) soek dringend na ge- tuies of iemand wat die liggaam kan uitken.
* Inligting word ook gesoek oor die identiteit van ’n man wat Don- derdagmiddag verlede week by Triangle Park in Huguenot onder 'n trein gesterf het. Die man het die woord “Panga” op sy linker- arm getatoeëer. Insp Hennie Williams (807-4000) is die ondersoekbeampte. * Five people died in road accidents at the weekend.
More
News
|