Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses wen steeds

Roses wen steeds
 
2006-04-20


DIE eerste span van Roses United Rugbyklub het sy huidige goeie vorm voortgesit toe hy voorverlede naweek Rawsonville in ’n wegwedstryd 7-3 geklop het.

Tydens dié titaniese stryd het die senter Alrich Muller die Wellingtonners se enigste drie gedruk. Die doelskop is deur John-lee Norje (skrumskakel) oorgeskop.

Die klub het oor Paasnaweek ’n baie suksesvolle spanbousessie op Lambertsbaai gehad.

Die eerste span het in winderige toestande uitstekende harloop-rugby opgedis en só die span van Lambertsbaai Marines oortuigend met 29-8 (5-3) geklop.

Die wedstryd was gekenmerk deur goeie samespel tussen die voor- en agterspelers asook goeie verdediging.

Die besoekers se drieë is deur Alrich Muller (2, senter), Deon Williams (2, vleuel) en Franzel September (flank) gedruk. Danie Roman (losskakel) en Earl Manie (heelagter) het elkeen met ’n doelskop geslaag.

Saterdag lei al die paaie na Pelikaanpark op Wellington wanneer Roses teen die gedugte span van Ceres te staan kom.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za