Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verrassings kenmerk Boland fietsbyeenkoms

Verrassings kenmerk Boland fietsbyeenkoms
 
2006-04-20


DIE Boland Baanfietsrykampioenskap wat die naweek op Faurestraat Stadion gehou is, het heelwat verrassings opgelewer.

Dit was veral die uitslae in die vroue- en o.16-afdelings wat die toeskouers se wenkbroue laat lig het.

’n Nuwe ryer uit die Rhadsport-stal, Cassidy Jacobs, het in die 1500m verras toe hy sy spanmaat, Clint Hendricks, en Avery Arendse (Yorkshire) in die tweede en derde plekke onderskeidelik gedwing het.

Hendricks het egter in die naelry, enkelagtervolging en 500m tydtoets koning gekraai.

In die vroue-afdeling het Natasha Marang gewys dat sy in die toekoms mee rekening gehou moet word toe sy die hoog aangeskrewe Magadalene Nicholson in die 1500m, punte-wedren en enkelagtervolging oortuigend geklop het.

Rhadsport-ryers het al die titels in die o.12, o.16 en junior-afdelings ingepalm.

In die elite-afdeling het die voormalige Rhadsport-ryer Ivano Siebrits vyf titels gewen.

Hy was eerste oor die wenstreep in die 1000m tydtoets, uitvalwedren, 4000m enkelagtervolging, naelry en 1500m.

Siebrits wat deesdae vir GT/Maties ry, is weer in die ope Keirin-wedren op verrassende wyse deur Reginald Benjamin geklop.

Benjamin was ook baas in die enkelagtervolging vir junior ryers.

Ashley Daniels het die naelry en 1000m tydtoets vir juniors gewen.

Ashley Kulsen (Rhadsport) het in die laaste wedren van die dag daarin geslaag om sy eerste Boland-titel te verower toe hy die ope gelykstaan wedren oor 30 rondes gewen het.

Kulsen het halfpad deur die wedren van die bondel weggebreek en end-uit sy voorsprong behou.

Ná afloop van die byeenkoms is ’n Boland-span saamgestel wat van 27 tot 29 April in Durban aan die SA Baankampioenskap gaan deelneem.

Die Boland-span is Ashley Kulsen, Durwin Benjamin, Ivano Siebrits, Bertram Siebrits, Reginald Benjamin, Ashley Daniels, Gareth Albertus, Lesley Snyders, Gershwin Vlotman, Clint Hendricks, Avery Arendse, Grant Stuurman, Brandon Christians, Magdalene Nicholson, Natasha Marang, Joshwill Davids, Bradwin Daniels, Chesne van Wyk, Willem Davids en Joseph September.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za