Sesde Boston-sege vir Ernst
2006-04-20
DIE Paralimpiese rolstoelatleet, Ernst van Dyk (foto), het sy naam Maandag weer eens in die rekordboeke verewig toe hy die gewilde Boston Marathon vir 'n sesde agtereenvolgende keer gewen het.
Die Paarliet het die wenstreep in 'n tyd van 1:25:26 oorgesteek. Van Dyk is ook die houer van die huidige rekordtyd van 1:18:27 vir dié wedloop wat hy in 2004 opgestel het.
Van Dyk se grootste teenstaander, Krige Schabort het in die tweede plek klaargemaak in 'n tyd van 1:29:04 met die Kanadees, Kelly Smith kort op sy hakke met 'n tyd van 1:29:34.
More
News
|