Meswond verraai inbreker
2005-04-14
’n MESSNY deur die gesig was die doodsteek vir ’n inbreker wat nie met sy slagoffer rekening gehou het nie.
André Michaels (20) van Newton het hierdie week in die Wellington landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak en diefstal nadat hy twee weke gelede in ’n plaasopstal buite die dorp betrap is.
’n Meisie (16), wat alleen tuis en in die bad was toe sy glas hoor breek het, het ’n handdoek om haar gedraai en gewapen met ’n kombuismes, ondersoek ingestel.
Toe sy die inbreker verras, het sy hom met die mes deur die gesig gesny. Die man het gevlug.
Die polisie het dadelik begin navraag doen oor die man wat drie weke voor die aanval aangekeer is toe hy by dieselfde plaaswoning ingebreek het.
Daar is vasgestel dat die man ’n vals naam verskaf het en dat sy vorige veroordelings toe nie op die polisierekenaar gewys het nie. Borg is nie geopponeer nie, en die verdagte is in die landdroshof gewaarsku om op ’n latere datum voor die hof te verskyn.
Wellington speurders het die man verlede week opgespoor en in hegtenis geneem toe hy duidelike meswonde aan die gesig gehad het.
* A burglar was arrested when Wellington police recognised him by injuries sustained during the burglary.
More
News
|