Gesin verloor alles
2006-04-26
’n GESIN van Paarl-Oos het net die klere wat hulle aangehad het, oorgehou, nadat ’n brand al hul besittings verwoes het.
Die Mouries-gesin se netjiese houthuis het gestaan in die agterplaas van familie in Annie Benjaminstraat.
Juanette Mouries is Donderdag om 12:30 by die werk gebel en ge- sê dat sy dadelik moet huis toe gaan, want daar is ’n brand.
“Teen die tyd wat ek by my huis aangekom het, was daar omtrent niks oor nie. Ek is net dankbaar dat niemand ten tyde van die brand in die huis was nie,” het Juanette gesê.
“Ons woon al twin-tig jaar hier en my drie kinders is hier gebore.” Juanette sê dat die skade wat aangerig is, meer as R30 000 beloop.
“Ons sal nou van voor af moet begin om ons lewens op te bou.”
Die rede vir die brand is onbekend.
More
News
|