Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Middedorp kry oë teen misdaad

Middedorp kry oë teen misdaad
 
2006-04-26


DIE afdeling Sektorpolisiëring van die Paarlse middedorp beoog om binnekort weer geslotebaan-kameras in die dorp aan te bring, om sodoende die dorp te beveilig teen ’n stygende misdaadsyfer.

Winkels in die middedorp is onlangs gereeld beroof deur veral bendelede wat eenvoudig in winkels instap en hulself help.

Die feit dat talle sekuriteitswagte tans staak, vererger die situasie, want misdadigers benut juis dié geleentheid om magtelose verkoopsassistente, veral vrouens, te intimideer en selfs aan te rand, voordat hulle met gesteelde goedere die pad vat.

Tans het die polisie ’n borg gekry om twee hoogs gesofistikeerde kameras in Lady Greystraat te laat installeer, wat gekoppel sal wees aan ’n rekenaar by die sektorpolisiëringskantoor.

Van hier af sal opnames gemaak word van die daaglikse bedrywighede van misdadigers in die dorp, en die kameras sal hopelik die skuldiges positief kan identifiseer.

Insp Rickus Steenkamp van die middedorpsektor, het gesê dat net die samewerking van besighede in die dorp sal bydra tot die sukses van hierdie projek.

“Dit is reeds in verskeie stede in die land bewys dat die teenwoordigheid van geslotebaan-kameras bydra tot die bekamping van misdaad. Talle misdadigers is reeds in Kaapstad op heterdaad betrap weens die kameras. Die Paarl kan net hierby baat,” het insp Steenkamp gesê.

“Ons het finansiering nodig om nog kameras te installeer, asook die samewerking van alle besighede in die dorp, en sodoende sal ons alle winkels, sowel as hul klante kan beveilig.”

Hy het bygevoeg dat die Crime Watch in die middedorp reeds baie bygedra het tot die beveiliging van voertuie, en nou moet daar ernstig gekyk word om winkeldiefstal te bekamp.

“Die Middedorp-buurtwag word tans as polisiereserviste opgelei, en hierna sal uniforms aan hulle verskaf word om as ’n arm van die polisie in die dorp teenwoordig te wees.”

Belangstellendes kan gerus ’n vergadering van die Middedorpforum bywoon om oor misdaad te praat en wat vir die middedorp beoog word. Dit vind op 3 Mei om 11:00 plaas op die tweede vloer van Arcade House, Lady Greystraat 43.

Verdere navrae kan gerig word aan insp Rickus Steenkamp by 082-379-4735.

* A closed circuit TV camera is to be installed to improve security in the Paarl CBD.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za