Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nog ’n kind word padslagoffer

Nog ’n kind word padslagoffer
 
2006-04-26

Lise Beyers

NOG ’n kind is byna doodgery op Jan van Riebeekrylaan naby Newton, toe ’n 10-jarige dogtertjie Donderdagdagmiddag deur ’n motor getref is.

Leanne Carolissen van Noodkamp, ’n graad 4 leerder by Newton Primêr, het omstreeks 16:00 die besige Van Riebeekrylaan probeer oorsteek by die Newton rugbyvelde. Sy was onderweg na haar ouma se huis in Newton.

Volgens ooggetuies het Leanne voor ’n aankomende motor wat in die rigting van die Paarl op pad was, beland. Sy is etlike meters ver deur die lug geslinger.

Die reddingsdienste was vir meer as ’n halfuur op die toneel besig om vir Leanne te probeer stabiliseer voordat sy na die Paarl Hospitaal vervoer kon word.

Haar toestand was egter van so ’n ernstige aard dat sy na Tygerberg Hospitaal oorgeplaas is, waar sy onder andere ’n breinskandering moes ondergaan.

Leanne het kopbeserings opgedoen en verkeer tans in ’n ernstige toestand in Tygerberg Hospitaal.

Vroeër vanjaar is nog ’n leerder van Newton Primêr, letterlik meters van Donderdag se ongelukstoneel af, ook ernstig beseer toe hy deur ’n motor getref is.

Eldon Jacobs (7) van Vanwyksvlei, het kop-, bors- en heupbeserings opgedoen en was vir ’n week lank in ’n koma. Hy is reeds uit die hospitaal ontslaan, maar sterk vir eers by die huis aan.

Die skoolhoof van Newton Primêr, Linley Truter, het gesê dat die hele skool hewig ontsteld is oor verlede week se ongeluk.

“Dit is vir ons almal hartverskeurend as een van ons leerders beseer is, en dit raak die ander leerders geweldig,” het Linley gesê.

“Dit is die soveelste keer dat ’n leerder van ons skool op dié pad omgery is.

“Ons gaan weer eens ’n ernstige poging aanwend om leerders van padveiligheid bewus te maak. Hul veiligheid is ons eerste prioriteit.”

* A second child has been seriously injured in Jan van Riebeeck Drive in Newton, Wellington during the past three months.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za