Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bendelede aangeval

Bendelede aangeval
 
2005-04-14


DRIE bendelede word aangehou vir die moord dié naweek op twee mans in Paarl-Oos.

Gerswin Warries (27) van Lupinestraat, glo self lid van die Americans, is Saterdagoggend om 02:45 in die Chester Williams plakkerskamp doodgeskiet.

Om 05:45 het bure skote gehoor waar ’n groepie mans in Hibiscusstraat gesit en vermoedelik dwelms gebruik het.
Nathan Daniels (22), inwoner van dié straat, is noodlottig getref. Daniels is glo ’n lid van die Ninja-bende.

Dieselfde vuurwapen is vir altwee moorde gebruik.

Speur-inspekteurs Shane Pietersen en Roger Dyason (807-4000) sal graag met ooggetuies praat.

* ’n Argument tussen bure op Wellington oor R15 skuld, vermoedelik vir ’n mandraxpil, het die naweek geëindig met die dood van een van die mans.

Monrico Joubert (23) van Appelkooslaan 29 is in sy eie kombuis met ’n mes gesteek. Hy is op die vloer oorlede. Julius Basjan (32) is in hegtenis geneem.

* Three men were murdered in the Valley at the weekend.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za