Atletiek vereer
2006-04-26
VIER presteerders van Boland Atletiek het erkenning ontvang tydens die Wes-Kaapse Departement van Sport se prysuitdelingfunksie wat onlangs op Stellenbosch gehou is.
Die Boland se Robert Oosthuizen het in die junior kategorie ’n toekenning ontvang vir sy wêreldklasprestasies in spiesgooi.
Oosthuizen is reeds die afgelope vier jaar gelys as een van die beste drie junior spiesgooiers.
Die Boland se o.17 seuns en meisies 4x100m aflosspanne het in die kategorie vir junior spanne ’n toekenning ontvang vir die goue medaljes wat albei spanne gewen het by die die 2005 SA Junior Kampioenskap, met tye wat albei spanne onder die top 20 presteerders in die wêreld geplaas het.
Raymond Julies het in die kategorie vir afrigters die toekenning ontvang as die beste afrigter in die Wes-Kaap vir 2005, terwyl nog ’n Paarliet, Brendan du Plessis, in die afdeling vir administrateurs ’n toekenning ontvang het vir sy rol as tegniese beampte tydens nasionale atletiekbyeenkomste.
More
News
|