Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses gee Ceres opdraande

Roses gee Ceres opdraande
 
2006-04-26


DIT was weer eens ’n goeie naweek vir Roses United Rugbyklub nadat aldrie sy spanne met dié van Ceres Rugbyklub afgereken het.

Die eerste span het opnuut gewys dat hy vanjaar ’n groot aanspraakmaker is op die Boland Superliga titel, toe hy die Appelboere 21-14 geklop het.

Dit was veral die voorspelers wat in dié harde stryd die toon aangegee het.

Die voorspelerspel is aanskoulik afgerond deur goeie hantering van die agterspelers wat ook tot die eerste drie van die vleuel, Earl Manie, gelei het.

Die twee pakke het mekaar hard aangevat in die gietende reën, met Ceres wat in die vaste fasette oorheers het. Die tuisspan het egter op sy beurt beter gevaar in die losgemale, met die flanke Franzel September, Clement Lewis en agsteman Igie Korabie wat hier goed gespeel het.

In die doodsnikke van die wedstryd het die besoekers verwoed aangeval, maar Roses se hegte verdediging het hulle van die doellyn af weggehou.

Goeie skrumwerk aan die einde het ook Roses se aanslag versterk.

Die Wellingtonners se orige twee drieë is deur die senter, Alrich Muller, gedruk. Manie en Danie Roman was albei suksesvol met ’n strafdoel.

Saterdag speel Roses weg teen Worcester Villagers. Die bus vertrek om 11:00 vanaf Claassenstraat en is R25.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za