Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drawwers op safari in Wellington

Drawwers op safari in Wellington
 
2006-04-26


NAGENOEG 10 000 drawwers en stappers sal Maandag (Werkersdag) op Wellington toesak vir die 19de Safari Halfmarathon.

Atlete sal ’n keuse hê van drie afstande - die 21,1km, ’n 10km stap en ’n 5km pretdraf.

Met sy aanskoulike roete wat tussen wingerde en dié historiese dorp vleg, meer as 50 verversingstalletjies en meer as R25 000 in prysgeld is dit geen wonder dat die Safari Halfmarathon voortdurend onder die beste 10 wedlope in die land tel nie.

Die halfmarathon begin om 07:15 in die Willem Bassonpad, oorkant die Boland Rugby Stadion.

Drawwers het ’n tydgleuf van vier uur om die 21,1km te voltooi.

The skilderagtige roete is ’n groot genoeg uitdaging vir die meer ervare atlete, maar is ook ’n goeie bekendstelling vir drawwers wat nog nie soveel kilometers onder hul gordel het nie.

Die 10km stap lok ook jaarlikse groot belangstelling. Die stap begin om 09:45 in Blouvleistraat terwyl die 5km pretdraf om 07:10 by dieselfde punte begin.

Verlede jaar se halfmarathon is deur Norman Dlomo van Lekoa Klub gewen in ’n tyd van 1:04:05, terwyl Theresa du Toit (Liberty Nike) die vroue-afdeling in 1:19:25 gewen het.

Wellingtonners sal hoop dat die plaaslike atleet, Nkosana Mponeng wat verlede jaar met ’n tyd van 1:11:08 in die 18de plek klaargemaak het, vanjaar die kroon sal dra.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za