Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Meer as R100 000 se pryse

Meer as R100 000 se pryse
 
2006-04-26


DIE Drakenstein Munisipaliteit het onlangs R107 000 weggegee aan getroue rekeningbetalers.

Die rede vir die prystrekking, vermoedelik die enigste in sy soort in die land, is die opgehoopte skuld van die munisipaliteit.

Verbruikers wie se diensterekenings ten volle opbetaal is, het in aanmerking gekom vir ’n eerste prys van R50 000, ’n tweede prys van R25 000, ’n derde prys van R13 000, ’n vierde prys van R8000 en ’n vyfde prys van R4000.

Die eerste prys van R50 000 is gewen deur T Pieterson van Cameliastraat 3B, Groenheuwel.

Tweede was L van der Merwe, Synagoguestraat 21, Paarl (R25 000), gevolg deur RJ Meeding, Septimusstraat 19, Suider-Paarl (R13 000), E Heyns, Springbokweg 91, Wellington (R8000) en BH Crous, Malherbestraat 29, Paarl (R4000)

Almal met uitstaande, agterstallige dienstegeld, maar wat nou gereeld hulle maandelikse rekenings vereffen, het vir kleiner pryse in aanmerking gekom. Die eerste prys van R2500 kontant is gewen deur G Owies, Gansstraat 1, Wellington.

Tweede was LE Moller, Mont Roselaan 19, Charleston Hill, Paarl (R1500), gevolg deur A Cocum, Desmorestraat 22, Amstelhof, Paarl (R1000) en Tamasa Trading, Genl Hertzog Boulevard, Wellington (R500).

Tien koopkrag elektrisiteitskoepons van R100 elk was die troospryse gewen deur K Malgas, Drakensbergweg 26, ND Jacobs, Affodilstraat 9, SJ Abrahams, Parkstraat 4, M Conradie, Bloekomlaan 78 en SJ Nqanuka, Mvulinile Keerweg 9.

Nog vyf se munisipale rekenings sal elk met R100 gekrediteer word: AJ Sampson, Sederlaan 76, Boschenmeer HOA, Boschenmeer, IP Leeuwen, Alfonsostraat 4, BM Nqcosa, Zatshobastraat 11 en Johnson du Plessis, Dalvielaan 41.

* Prizes to the value of R107 000 have been paid out to local ratepayers.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za