Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aand vir vroue

Aand vir vroue
 
2005-03-04


TER viering van Internasionale Vrouedag op 8 Maart bied die gemeenskaps organisasie Women on the Move Dinsdagaand om 19:00 'n aand vir vroue in die Colibrisaal aan, met opbouende sprekers.

'n Verteenwoordiger van die Departe- ment van Welsyn in die Paarl sal onder meer inligting verskaf oor toelaes, terwyl kapt Carine la Grange van Wellington SAPD se Misdaadvoorkomingsafdeling wenke sal gee om gesinsgeweld te probeer keer. Vigs-slagoffer en ge- meenskapsweldoener Priscilla Simons sal ook optree.

KNAP VROUE. Trots op hul handewerk is lede van Carterville se Women on the Move, (van links) Connie Magongo, Katriena Oliphant, Jeanette Matthyse en Rosy Pedro. By die naaimasjien sit leier Maria Diedericks.



'n Mannekoor en 'n dansgroep be- staande uit jongmense sal sorg vir ligte vermaak op die program.

Women on the Move, wat uit sowat 20 lede bestaan, beywer hulself vir die opheffing van veral werklose vroue in die Carterville-omgewing.

Volgens leier Maria Diedericks het hul beweging in 2002 ontstaan. Lede kom maandeliks byeen vir vergaderings, terwyl allerlei projekte deurlopend gedoen word.

Hulle is tans besig met 'n werk- skeppingsprojek waarin vroue kans kry om naaldwerk en lapverf te maak en te verkoop. Hulle maak veral kussings en tafeldoeke.

Volgens Diedericks is hul droom egter om verdere opleiding in naald- en handwerk te kry om die professionele gehalte van die produkte wat hulle lewer, te verseker.

Die groep onderneem gereelde werks winkels en opleidingskursusse, en het reeds onder meer kursusse oor entrepreneurskap, sakevaardighede en gesinsgeweld voltooi. 'n Kursus oor VIGS is ook aangebied.

Hulle poog ook om een keer 'n week 'n sopkombuis aan die gang te hou, maar fondse bly 'n probleem om aan die groot behoefte te kan voorsien.

Een van die manlike lede van die groep, Selwyn Lewis, help weer kinders met die aanleer van spirituele en Afrika-geïnspireerde danse.

Vir meer inligting oor Women on the Move, kontak vir Maria Diedericks by 864-2081.





More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za