Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rastafees pla met geraas deur die nag

Rastafees pla met geraas deur die nag
 
2006-04-26


DAAR was in die verlede baie klagtes oor die geraas veroorsaak deur die Rasta-saamtrek in Paarl-Oos tydens Paasfees. Maar vanjaar is die fees weer eens toegelaat.

Bel jy die Paarl-Oos polisie, sê die Kaptein daar self dat dit ’n groot probleem vir hulle is en dat baie klagtes reeds ontvang is, maar hulle hande is afgekap, want die Rastafariërs het toestemming gekry om die stadion te gebruik.

Wie gee toestemming vir mense om vier dae lank te raas, ook dwarsdeur elke nag musiek te maak, deur Goeie Vrydag en deur die Sondag? Wat het geword van ons regte as mens?

Kan toestemming om sulke stadions te gebruik nie toegestaan word op voorwaardes nie, soos ’n redelike tydsduur (22:00 of selfs 23:00) wanneer musiek afgesit word?

Kan ’n saamtrek nie net oor een dag gehou word nie?

Namens belastingbetalers en besigheidsmense voel ons dat daar werklik hierdie keer ’n oplossing gevind moet word sodat die probleem onmiddellik in die kiem gesmoor kan word.

Ontevrede inwoner

Die munisipale woordvoerder reageer: Die Rastasaamtrek in Paarl-Oos vind al die afgelope aantal jare plaas en het selfs so ontwikkel dat verskeie besoekers van regoor die wêreld dit bywoon.

Die Raad, wat die hele gemeenskap van Drakenstein bedien, ontvang elke jaar ’n aansoek vir fasiliteite waar hierdie fees aangebied kan word. Orleanspark is in die interim deur alle rolspelers geïdentifiseer as sodanige plek met al die nodige fasiliteite.

Die feit dat die Raad hul fasiliteite vir verhuring beskikbaar stel, verhoed nie die SA Polisie of enige ander wetstoepassingsagentskap om op te tree wanneer wette/verordeninge of die goeie orde oortree word nie.



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za