Valiant by Barnyard
2006-04-26
DIE bekende sanger Valiant Swart maak op Saterdag 6 Mei om 20:00 ’n draai by die Barnyard Teater, Franschhoek.
Valiant het al elf CD’s die lig laat sien. Sy eerste, Die Mystic Boer, is in 1996 vrygestel.
Die deure vir die Franschhoek-konsert open om 18:30 en mense kan ’n piekniekmandjie bring of kaasborde en wyn daar koop.
Bespreek by Debbie Nortjé, tel/faks 874-1505 of 083-270-3661.
More
News
|