Fees van skoolkore
2006-04-26
DIE Vriende van Afrikaans en die Taalmuseum bied op Dinsdag 9 Mei om 19:00 ’n kore-aand in die Paarl Stadsaal aan.
Vyfhonderd leerders van verskillende skole neem aan die kore-fees deel. Sewe verskillende kore uit die Drakenstein omgewing tree op: hoërskole Desmond Tutu, New Orleans en Gimnasium, asook laerskole Courtrai, Noord-Eind, Langabuya en William Lloyd.
Die tweede helfte van die program word aangebied deur studente van die Frank Pietersen Musieksentrum.
Die aand sal afgesluit word met die sing van die volkslied deur al die kore.
Kaartjies, teen R15 per persoon, is beskikbaar by Elsa Olivier by 863-3839, asook by die Taalmuseum in Pastorielaan (872-3441).
More
News
|