Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Feargus Ayford in konsert

Feargus Ayford in konsert
 
2006-04-26


FEARGUS AYFORD, ’n plaaslike pastorieseun, is ’n geleentheid aangebied om ’n CD-opname in Engeland te gaan maak in Julie hierdie jaar.

Om dit vir Feargus moontlik te maak, word ’n verskeidenheidskonsert môre, op Vryheidsdag, om 19:30, in die Huguenot Gemeenskapsaal gehou.

Verskeie kunstenaars sal by hierdie geleentheid optree, onder andere Rowan Ayford, die Ayford’s, Southern Ethos, met oorspronklike Afrikaanse liedjies en lirieke geskryf deur ds Freddie Ayford.

Feargus sing sedert laerskooldae in skool- en kerkkore en ontvang sanglesse by die Anchen Schreuder Music Academy en André Serfontein (CPUT).

Hy het verskeie eisteddfod- en sangkompetisies gewen, onder meer die Gemini sangkompetisie 1999.

Feargus is tans in sy finale jaar as onderwysstudent aan CPUT se Wellington kampus.

Sedert 1998 is hy en sy familie deel van Southern Ethos Kamerkoor. Hy het ook opgetree saam met sy broer Rowan (wat goed gevaar het in Idols 2005) by verskeie prestige sportsgeleenthede van
Bolandsportunie.

In September 2005 het hy die landslied op Nuweland gesing voor ’n inter-Afrika sokkerwedstryd.

Feargus tree gereeld op by troues en kerkdienste. Hy is ook tans lid van VGK Huguenot Mannekoor.

Kaartjies vir môreaand is beskikbaar by die pastorie van VGK Huguenot in Klein Drakensteinweg (862-3420) of by die deur, teen R20.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za