Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiek help kinders

Musiek help kinders
 
2006-04-26


DRIE finalejaar-musiekstudente bied op Sondag 14 Mei om 18:00 ‘’n Klassieke Skemerkelkie’ in Hoërskool Gimnasium se ouditorium aan, ten bate van Eduhelp, ’n organisasie wat leerders finansieel help.

Die drie is sopraan Johani Louw, pianis Pieter Crathorne en violis Petrus Coetzee.

Johani is die eerste wenner van die Mimi Coertze sangbeurs en tans ’n finalejaar B.Mus student onder Magdalena Oosthuizen.

Pieter Crathorne is in 2001 aangewys as beste algehele pianis vir o.15-jariges by die Stellenbosch Eisteddfod. Hy studeer tans klavier by Benjamin van Eeden.

Petrus Coetzee matrikuleer in 2003 aan die Hoërskool Hugenote op Wellington met Musiek as vak. Tans neem hy viool by Louis van der Watt en is hy lid van die Universiteit se simfonie-orkes.

Kaartjies vir die Paarl konsert is teen R30 beskikbaar van Marissa, 083-413-0119.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za