Taalmuseum reis na Huis der Nederlanden
2006-04-26
DIE Taalmuseum se reisende uitstalling word nog die naweek by die Huis der Nederlanden (HdN) in Pinelands uitgestal.
Dié drietalige uitstalling is ’n reisende weergawe van die opgedateerde uitstallings by die Taalmuseum in die Paarl. Dit beeld onder meer die wortels, variante en volkswoordkuns van Afrikaans uit.
Die HdN is ’n Nederlands-Vlaams-Afrikaanse kultuursentrum wat graag die verwantskap tussen die Nederlandse en Vlaamse taal en kultuur en die taal en kultuur van alle Afrikaanssprekendes wil uitbou.
Die sentrum beslaan ’n ruim biblioteek (met 32 000 boeke, video’s, CD’s, koerante, tydskrifte en naslaanwerke), ’n mediasentrum, klaskamers, konferensielokale, en lees- en kuierareas.
Die HdN-sentrum is oop op Maandae en Donderdae van 10:00 tot 17:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00.
Vir meer inligting, skakel 531-5831, of besoek www.hdn.za.net. Saterdag vanaf 10:00 vind daar ’n minimark met Nederlandse produkte plaas.
More
News
|