Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dekor skouspel

Dekor skouspel
 
2006-04-26


BY Decorex Cape is daar weer vanjaar ’n skouspel van styl te sien, met die tema ‘Nature influencing living spaces’.

Die dekorskou word van vandag tot Maandag in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum aangebied. Natuur-geïnpireerde ontwerpe, kleure en materiale swaai vanjaar die styl-septer en skep leefruimte wat die kalmte en krag van die natuur binne nooi.

Die honderde uitstallers inspireer besoekers met die nuutste neigings en hoe om dit in die huis toe te pas. Met die beste in badkamers en droomkombuise, meubels, afwerkings en modekleure bring die skou alles onder die dekorson onder een dak bymekaar.

Decorex stel vanjaar ook ’n eerste eksklusiewe reeks dekoritems met natuurlike produkte en materiale vir die huis bekend.

Die wenontwerpe van ontwerpstudente, wat aan ’n Sanlam/VISI kompetisie deelneem om ’n lig te ontwerp, sal uitgestal word.

Top argitekte, ontwerp-foendies en dekorkenners debatteer kwessies en deel hul gunstelinge uit die wêreld van ontwerp.

Toegang is R40 per persoon (R30 vir studente en senior burgers). Hektye is van 10:00 tot 20:00, behalwe die laaste dag, 1 Mei, wanneer die hekke om 18:00 sluit.

Vir programbesonderhede en bespreking, besoek www.decorex.co.za



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za