Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kaas lê lekker op die tong

Kaas lê lekker op die tong
 
2006-04-26


JY hoef nie soos die wynmense ’n ‘neus’ te hê om ’n goeie kaas uit te ken nie. Dat dit net lekker lê op die tong is al wat saak maak .

Die gewilde SA Kaasfees wat vanjaar van Vrydag 28 April tot Maandag 1 Mei op Bien Donné tussen die Paarl en Franschhoek aangebied word deur Agri-Expo, is die ideale geleentheid om van die wêreld se beste kaas op die proef te stel.

Die splinternuwe Kaas Mall is net die plek om al die verwante plesiere van kaas opnuut te ontdek.

Die gewilde Kaas Emporium en buitelug Kaasmark huisves vanjaar talle nuwe kase en liefhebbers kan uitsien om sowat 300 verskillende kase, bekend en minder bekend, op die proef te stel.

Demonstrasies word hier gehou, en wyne en ander produkte kan ook hier geproe en gekoop word om saam te neem huis toe.

Dié wat hul kaaskennis wil opskerp, kan veral uitsien na meer intieme kaaswerkwinkels as vorige jare.

Die onderwerpe van die sessies wissel tussen kaas en drankies, vreemde bedmaats en kaas-maaltye tot tegnokaas.

Beroemdes wat die Kookpot, ’n eksperimentele kombuis met die Silwood-kookskool aan die roer van sake, met hul resepte en gevatte sêgoed aan die borrel gaan hou, sluit Nataniël en Shaleen Surtie-Richards in, met die twee Jouberts, Barbara en Emile, Mario de Angeli en die geestige Jenny Morris, wat hul kaas-geheime met besoekers gaan deel.

Besoekers kan ook by die MPO Melkfabriek aandoen waar verskeie melkrasse geskou sal word. Hier word daagliks gedemonstreer hoe om botter en maaskaas te maak.

Die fees word voorafgegaan deur die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe waartydens Agri-Expo die room van die suiwelbedryf met die Qualité-merk vereer.

’n Beperkte getal kaartjies is per dag beskikbaar en kan vooraf gekoop word by Computicket-takke landwyd en aanlyn.

Feeskaartjies kos R70 en sluit ’n handige inkopiesak en feesprogram asook alle proeë en demonstrasies in. Wynproeglase is beskikbaar by die hek teen R5 elk.

Senior burgers kan die fees enige dag bywoon teen ’n afslagtarief van R40 en kinders onder 12 jaar word gratis toegelaat.

Die hekke sal van Vrydag 28 tot Sondag 30 April van 10:00 tot 18:00 oop wees en op Maandag 1 Mei van 10:00 tot 16:00.

Kontak die organiseerder, Agri-Expo, by 975-4440, per e-pos by cheese@ agriexpo.co.za of besoek die 2006 SA Kaasfees-webtuiste by www.cheese festival.co.za vir meer inligting.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za