Koeël al jare in kop
2005-04-14
DIE moordenaar van ’n jong Paarlse vrou loop al nege jaar met ’n koeël in die kop rond.
Dis hoekom haar man, Jaftha (37), vir Evelyn Carelse (23) in 2003 verkrag en verwurg het, het Jafta Storm in die Kaapse Hooggeregshof getuig.
Sy het getuig ter versagting van die pa van haar vier kinders, vragmotorbestuurder Jaftha Storm (37).
Storm het vir Evelyn die Saterdagaand in Julie ’n rygeleentheid vanaf ’n nagklub in Lady Greystraat gegee.
Haar naakte liggaam is die volgende dag langs ’n plaaspad in Klein Drakenstein ontdek.
Hy het in ’n verklaring erken dat hy die vrou verkrag en met ’n skoenveter verwurg het. Regter Essa Moosa het gelas dat Storm vir psigiatriese waarneming opgeneem word.
Uitspraak word nou op 9 Mei verwag.
* A Paarl murderer has had a bullet embedded in his brain for the past nine years, his wife has testified.
More
News
|