Krisante geskou
2006-05-04
DIE Suid-Afrikaanse Nasionale Krisantevereniging hou Saterdag 6 Mei ’n nasionale skou by die Marthasaal in Kerkstraat, Wellington van 10:00.
Uitstallers van Wellington, Worcester, Ceres, Saron, Pniel en Wolseley sal teen mekaar kompeteer, en blomme sal te koop aangebied word.
Die deure is van 10:00 tot 17:00 oop. Verversings sal beskikbaar wees.
More
News
|