ADHD-ondersteuning
2006-05-04
DIE Paarlse ADHD-ondersteuningsgroep vir ouers, leerkragte en belangstellendes vergader Woensdag 17 Mei om 18:45 vir 19:00 in Chevéland se klubhuis.
Dr Anthony Costandius, voorligtingsielkundige, praat oor die onderwerp “Strategieë en tegnieke vir die hantering van ADHD-lyers as kind, adolessent én in die huwelik”.
Toegang is R25 per persoon. Kaartjies by Roodeberg Apteek en Pierre Combrink Verhurings in Nuwestraat. Navrae by Retha van Wyk, 872-5620.
More
News
|