Klassieke skemerkelkie
2006-05-04
DRIE finalejaar-musiekstudente bied op Sondag 14 Mei om 18:00 ‘’n Klassieke Skemerkelkie’ in Hoërskool Gimnasium se ouditorium aan, ten bate van Eduhelp, wat leerders finansieel help.
Die drie is sopraan Johani Louw, pianis Pieter Crathorne en violis van Petrus Coetzee.
Johani is die eerste wenner van die Mimi Coertze sangbeurs en tans ’n finalejaar B.Mus student onder Magdalena Oosthuizen.
Pieter Crathorne is in 2001 aangewys as beste algehele pianis vir o.15-jariges by die Stellenbosch Eisteddfod. Hy studeer tans klavier by Benjamin van Eeden.
Petrus Coetzee matrikuleer in 2003 aan die Hoërskool Hugenote op Wellington waar hy Musiek as vak neem.
Tans neem hy viool by Louis van der Watt en is hy lid van die Universiteit se simfonieorkes.
Kaartjies vir die Paarl konsert is teen R30 beskikbaar van Marissa, 083-413-0119.
More
News
|