Derde man vas ná Satansmoord
2006-05-04
’n DERDE persoon het vandeesweek in die hof verskyn in verband met die gru-moord op ’n Paarlse kerkman verlede jaar.
Evans Marani (29) en Selwyn Adonis (23) is in verband met die moord in hegtenis geneem, nadat die bebloede lyk van Charles Jacobs, opsigter van die Mormoonse kerk in Klein Drakensteinweg, by die kerk gevind is.
Charles is wreedaardig gekap en gesteek met tuingereedskap. Marani, ’n Keniaan wat goed bevriend was met die Jacobs-gesin, is ’n dag na die moord in hegtenis geneem en Adonis ’n paar dae later. Gesteelde goedere vanuit die kerk is in sy besit gevind.
Die polisie is reeds ’n geruime tyd lank op die spoor van nog twee verdagtes, en Aniel Pharoah is die afgelope naweek in hegtenis geneem.
Die drie mans verskyn weer op 15 Mei in die Paarl Landroshof.
’n Vierde verdagte is steeds op vryevoet.
More
News
|