Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wetenskap-week in Paarl

Wetenskap-week in Paarl
 
2006-05-04


DIE Paarl Beheerraadvereniging, wat hierdie jaar saam met New Orleans Sekondêr en SASTE (South African Science and Technology Educators) saamwerk, bied vanaf 13 tot 20 Mei die Nasionale Wetenskap en Tegnologie-week by New Orleans Sekondêr aan.

Die sameroepers is Shana Roux, graad 11-leerder van die Engels medium-groep, in samewerking met die hoof van die wetenskapafdeling by New Orleans, Lyndon Manas. Kontak hulle by die skool by 862-0900 vir inligting.

Op Dinsdag 16 Mei neem fotograaf John Martin ’n groep graad neges van verskillende sekondêre skole op ’n wetenskap-fotosessie. Die foto’s wat hulle neem moet hulle self ontwikkel.

Ook op hierdie dag om 14:00, is daar ’n werkswinkel vir onderwysers oor lesbeplanning wat aangebied word deur Bets Lourens van die Universiteit van Stellenbosch by Groenheuwel Primêr.

By Nederburg Primêr is daar op Vrydag 19 Mei ’n werkswinkel vir graad nege leerlinge oor mariene biologie aangebied deur Natasja Kruger. Kontak die skool by 862-1900.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za