Suiwelkampioene wen toekennings
2006-05-04
BY die SA Suiwelkampioenskappe het plaaslike produsente Fairview en Dalewood weer uitgeblink, terwyl Parmalat die suiwelproduk van die jaar, ‘n beleë Gouda-kaas, opgelewer het.
Die vyftal Parmalat produkte wat Qualité Toekennings ingeryg het, is hul beleë Gouda (vir Woolworths), laevet krummelmaaskaas, Yumchums aarbei-gegeurde melk, Aylesbury Tin Roof roomys en Aylesbury Blueberry Cheesecake roomys.
Die SA Suiwelkampioenskappe, wat deur Agri-Expo aangebied word, het vanjaar 648 inskrywings gelok, waarvan 15 met Qualité Toekennings bekroon is. Altesaam 71 produkte is as SA Kampioene aangewys.
Dalewood Fromage, Fairfield Dairy en Lancewood Cheese het met twee Qualité Toekennings elk geskitter. Clover, Dairy Belle, Morning Milk en Stonelees Dairy het elk een Qualité Toekenning gewen.
Die produkte wat aan hul skeppers Qualité eer besorg het, is Dalewood Fromage Wineland Brie met Rissie; Dalewood Fromage 12 maande beleë Huguenot; Fairfield laevet gewone jogurt; Fairfield laevet vanielje jogurt (vir Spar); Lancewood vetvrye gladde maaskaas met pikante rissie (vir Woolworths); Lancewood laevet krummelmaaskaas (vir Woolworths); Clover ronde Gouda; Morning Milk De Pekelaar Boerenkaas met komyn; Dairy Belle sjokolade-gegeurde melk; Stonelees Dairy laevet jogurt.
Naas Parmalat, wat met 19 kampioentrofeë pronk, spog Fairview Cheese met sewe SA kampioene, Morning Milk met ses en Fairfield Dairy met vyf.
Die Fairview uitblinkers is hul Ayrshire (camembert), Bleu & Blanc, Ayrshire (brie), Bobba’s roomkaas, La Beryl, Yuhidit en Crottin bokmelkkaas.
Belnori Farm, Clover en Dairy Belle was elk met vier kampioene bekroon, gevolg deur Dalewood Fromage kort op hul hakke met drie.
Geluksfontein Farm, Ladismith Cheese, Lancewood Cheese, Lausanne Dairy en Stonelees Dairy het met twee trofeë elk weggestap.
Alfalfa Dairy, Costa’s Dairy, The Dairy Connection, Gay’s Guernsey Dairy, Hijke Kaas, Huberto’s Luxury Ice Cream, Klein River Cheese, Portobello en Prikkelpot het elk een SA Kampioenskapstrofee gewen.
More
News
|