Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paulus klop Groendal goed

Paulus klop Groendal goed
 
2006-05-04


DIE o.19A rugbyspan van Paulus Joubert het die span van Groendal Sekondêr heeltemal oorhoeks gespeel en met 29-9 die loef afgesteek.

Groendal het geen teenvoeter gehad vir die kragtige dryfspel en goeie samespel van Paulus nie.

Groendal het eerste punte aangeteken met ‘n strafdoel deur losskakel, Jerome Bougaardt.

Hierna het Paulus se losskakel, Bradwell Swartz, ’n lang strafskop oorgeklits.

Swartz het ook die drie van Elrick Erasmus, agsteman en kaptein, verdoel.

Kort voor rustyd het Paulus se buitesenter, Alfredo van Rooyen, onder die pale gedruk. Swartz het weer verdoel om die rustydtelling 17-3 te maak.

Ná rustyd het Groendal telkens aangeval, maar Paulus se hardnekkige verdediging het verhoed dat enige punte aangeteken word.

Bougaardt het wel met twee verdere strafskoppe geslaag. Paulus Joubert het geantwoord met nog ’n drie deur Erasmus nadat ’n vryskop vinnig geneem is.

Dié drie is deur Swartz verdoel.

Kort voor die einde het Swartz blindekant gebreek en met twee verdedigers op sy rug oorgeduik vir ’n onverdoelde drie om die eindtelling 29-9 te maak.

Paulus se o.19B (13-10), o.16A (16-15) en o.15A (18-12) spanne het ook hul wedstryde gewen, terwyl Groendal se o.19C (10-5) en o.14A (10-7) spanne koning gekraai het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za