Rugby-aksie by KN se sewestoernooi
2006-05-04
DIE naweek beloof aanskoulike rugby-aksie wanneer Klein Nederburg Sekondêre Skool Saterdag sy jaarlikse sewesrugbytoernooi aanbied.
Die o.19-spanne van agt skole sal vanaf 09:30 teen mekaar te staan kom, met die plaat- en bekereindstryde wat om 15:30 en 16:00 sal afskop.
Die bepalings vir die eerste uitklopwedstryde is verlede week bepaal tydens ’n amptelik lotingsfunksie by die gasheerskool.
Die skole wat sal deelneem, is New Orleans, Paulus Joubert, Kylemore, Noorder-Paarl, Groendal, Schoonspruit, Wesbank en Klein Nederburg.
Die program is (09:30) KS t NO, (09:50) PJ t NP, (10:10) GD t WB, (10:30) KN t SS, (10:50) NP t KS, (11:10) NO t PJ, (11:30) WB t KN, (11:50) SS t GD, (12:10) PJ t KS, (12:30) NO t NP, (12:50) KN t GD, (13:10) WB t SS.
More
News
|