HJS klop Selborne
2006-05-04
DIE rugbyspanne van Hoër Jongenskool Paarl het Vrydag in Oos-Londen teen Selborne College gespeel.
Die eerstespan het sy wedstryd 19-6 gewen.
Die regtervleuel, Kobus de Kock, was HJS se uitblinker met twee drieë, terwyl die losskakel, Matthew Swart, in die kol was met drie strafdoele.
HJS se o.19B (23-18) en o.15A (17-10) spanne het hul wedstryde verloor, terwyl die o.16A en o.14A spanne 18-0 en 29-6 gewen het.
More
News
|