Paarl te sterk vir Young Peoples
2006-05-04
DIE eerste span van Young Peoples Rugbyklub het Saterdag sterk teruggekom in hul stryd teen Paarl, maar moes nietemin 26-22 bes gee.
Paarl het teen rustyd 15-8 voorgeloop nadat hulle in die eerste helfte met die wind in hul blaaie gespeel het.
Die tuisspan het egter in die tweede helfte gesukkel om die tempo te behou en Young Peoples het in die tydperk hul kanse benut.
Al Paarl se punte is deur die agterlyn aangeteken. Senter Terence Valentyn het twee drieë gedruk, terwyl die losskakel Jacques Hendricks ’n drie gedruk het en ook suksesvol was met drie strafdoele en ’n doelskop.
Die slot Johannes (Joe) Vorster is as Paarl se speler van die wedstryd aangewys.
Vir die derde agtereenvolgende week het aldrie Paarl se spanne seges behaal. Paarl II en III was albei met 29-5 en 39-0 baas.
Paarl speel Saterdag teen Kraaifontein op die Faure Stadion.
More
News
|