Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipale wetstoepassing is ’n klug

Munisipale wetstoepassing is ’n klug
 
2006-05-04


EK verwys na “Woef, ek gee om” se brief in Paarl Post van 30 Maart.
Ons het ook ’n probleem met honde wat aanhoudend blaf en tjank en vir ons bure en die ander inwoners ’n oorlas is.

Queenstraat was ’n rustige woonbuurt waar jong ma’s soggens met stootwaentjies, en bejaardes saans ’n wandeling om die straatblok onderneem het. Nie meer nie!

Vreesaanjaende, blaffende honde ontsenu elke liewe siel wat in die straat beweeg. Bure kry geen rus meer nie - maak nie saak watter tyd van die dag of nag nie. Die honde blaf selfs vir ’n duif wat vanuit ’n boom af opvlieg!

Die munisipale woordvoerder se raad, wat na aanleiding van ’n brief in die Paarl Post mense aanraai om die wetstoepassingsbeamptes te kontak, is ook ’n klug.

Ek het die “honde-inspekteur” se kantoor geskakel en is meegedeel dat hulle my klagte na die DBV sal deurgee. Ek wag ook nog steeds dat hy my sal terugskakel.

Waar rapporteer ek rusverstoring en wat gaan daaraan gedoen word?
Moet my nie verkeerd verstaan nie - ek het self twee honde wat baie liefde en aandag kry.

Gefrustreerde Troeteldierliefhebber, Wellington



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za