Karnaval by St Albans
2005-03-04
DIE St Alban's Primêre Skool op Wellington hou op Vrydag 11 en Saterdag 12 Maart hul jaarlikse karnaval met mallemeule op die skool se sportterrein.
Dit beloof om 'n naweek provol vermaak te wees, met bekende sanggroepe, die mallemeule, heerlike kos, 'n biertuin en interessante stalletjies.
Die bekende Pop Idol, Poseletso, tree die Saterdagmiddag en -aand op, asook die Kaapse jazzgroep, N2, en die alombekende Rockets. Ander plaaslike groepe is ook op die verhoog en daar is die gebruiklike Mej St Albans-kompetisie.
Toegang is R15 (kinders R8). Ritkaartjies vir die mallemeules is ook by die skool beskikbaar teen R5,50 elk.
More
News
|