ADHD-ondersteuning
2006-05-11
DIE Paarlse ADHD-ondersteuningsgroep vir ouers, leerkragte en belangstellendes vergader Woensdag 17 Mei om 18:45 vir 19:00 in Chevéland se klubhuis.
Dr Anthony Costandius, voorligtingsielkundige, praat oor die onderwerp “Strategieë en tegnieke vir die hantering van ADHD-lyers as kind, adolessent én in die huwelik”.
Toegang is R25 per persoon. Kaartjies is beskikbaar by Roodeberg Apteek en Pierre Combrink Verhurings in Nuwestraat.
Navrae by Retha van Wyk, 872-5620.
More
News
|