Paarl Diabetesgroep skuif
2006-05-11
DIE Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep vergader Woensdagaand 17 Mei om 19:00 in die Holy Trinity-saal (oorkant Droomers) in Hoofstraat, Paarl, omdat die lokaal by MediClinic te klein geword het.
By hierdie geleentheid praat 'n dermatoloog, dr Lizmarč Brönn, oor Die algemene velprobleme, en die voorkoming en behandeling daarvan.
Alle diabete en belangstellendes, ook van buurdorpe, is welkom om dit by te woon.
Vergaderings is elke derde Woensdagaand van die maand. Bywoning is gratis.
Navrae by suster Kamaretha Beckert, 871-1808.
More
News
|