Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sielkundige by skool aangeval

Sielkundige by skool aangeval
 
2005-04-14


’n SKOOLSIELKUNDIGE is verlede week by haar kantoor in die Paarl met ’n skêr gesteek en beroof.

Twee jeugdiges het Maandagmiddag 16:00 die veiligheidswag by Gimnasium Primêr vir water gevra.

Nadat hy hulle weggewys het, het hulle oor ’n muur gespring en by die skoolsekretaresse se kantoor ingegaan.

Die sielkundige het uit haar aangrensende kantoor ’n geluid gehoor en op die twee seuns afgekom.

Terwyl een haar met ’n skêr gedreig het, het sy makker haar handsak gesteel. In die stoeiery oor die handsak is sy in die hand gesteek.

Die beursie het uitgeval en een van die seuns het dit gegryp en oor die veiligheidshek gegooi na ’n agt-jarige makker buite die skool.

Die aanvaller is die volgende dag in hegtenis geneem nadat hy in ’n boek met polisiefoto’s van verdagtes uitgeken is.

Die volgende dag het insp Morné du Toit van die Paarl Middedorp Polisie-eenheid die 16-jarige by die Paarl landdroshof opgemerk, waar hy opgedaag het om op ’n vorige aanklag te verskyn.

Hy was op vryborg vir dié huisbraaksaak, nadat hy al verskeie kere met die gereg gebots het.

* A school psychologist was attacked by a youthful vagrant inside a primary school in the Paarl CBD.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za