Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wilde Willemientjie wikkel

Wilde Willemientjie wikkel
 
2006-05-11


DIE Avonture van Wilde Willemientjie, deur Riana Scheepers, is eersdaags in die Klein Libertas Teater op Stellenbosch te sien.

Die drie vertonings is om 11:30 op Saterdag 13, 20 en 27 Mei.

Die klein, wilde meisietjie met sproete en ’n slangetjie in haar woeste rooi hare, het vir groot opwinding gesorg by die pas afgelope KKNK.

Die avonture van Wilde Willemientjie is ’n musikale kinderversdrama uit die boonste rakke wat spog met ’n sterbelaaide rolverdeling van jong, bekroonde akteurs.

Dit is ’n energieke, vrolike, interaktiewe opvoering gemik op kinders van alle ouderdomme. (Kinders ouer as 60 is wel aangeraai om voor die vertoning deeglik uit te rus, aangesien die akteurs geen
verantwoordelikheid aanvaar het vir algehele uitputting nie!)

Kaartjies vir die Klein Libertas Teater is R30 elk. Besprekings by 883-8164.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za