Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wen groot met poësie

Wen groot met poësie
 
2006-05-11


DIE Afrikaanse Taalmuseum nooi alle graad 11- en 12-leerders uit om gedigte in te stuur vir ’n poësie-kompetisie. Die wenner ontvang ’n prys van R1000.

Die gedig moet in Afrikaans wees, dit moet jou eie werk wees en jy mag nie meer as twee gedigte instuur nie.

Geen handgeskrewe tekste sal aanvaar word nie en gedigte moet verkieslik nie langer as een A4 grootte bladsy wees nie.

Inskrywingsvorms kan verkry word by Die Afrikaanse Taalmuseum, Pastorielaan 11, Paarl. Navrae kan gerig word aan Catherine Snel by 872-3441.

Jy kan gedigte ook e-pos na hgm@ taalmuseum.co.za, of pos na Posbus 498, Paarl, 7620. Die sluitingsdatum is 30 Junie.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za