Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Moeders deur Picassos se oë

Moeders deur Picassos se oë
 
2006-05-11


DAAR is baie maniere om ’n ma te beskryf, maar niemand doen dit so goed soos die jong Picassos van die vallei nie.

Die leerders van die laerskole in die vallei het hul ma’s geskilder vir 'n kompetisie en dié kunswerke word tot Sondag in die Paarl Mall uitgestal.


Daar is drie kategorieë: graad 1-3, graad 4 & 5 en graad 6 & 7.

In elk van die kategorieë word daar ’n algehele wenner aangekondig sowel as drie naaswenners. Pryse word deur die winkels van die Paarl Mall geborg.

Die beoordeling van die kunswerke sal Saterdag van 10:00 tot 12:00 plaasvind en die wenners van die verskillende kategorieë word om 13:00 aangekondig.

Met honderd winkels en restaurante onder een dak, is Paarl Mall die perfekte skilderdoek om die kunswerk in jou lewe, jou Ma, te bederf.

Kom snuffel in die mode- en skoonheidswinkels, juweliers-, boek-, interieur- en musiekwinkels om iets spesiaals te vind wat Ma se dag Sondag sal ophelder.

Dalk verras jy haar met ’n lekker ete by een van die gesellige restaurante in die Paarl Mall.

Of sy ’n Monet Ma is wat altyd fantasies en modieus lyk, ’n Van Gogh Ma wat sensitief en elegant is, ’n Brueghel Ma wat die kuns van feestelikheid ken, ’n Rembrandt Ma wat die fyner dinge in die lewe geniet, ’n Matisse Ma wat van haar tuiste ’n kunswerk maak of ’n Picasso Ma wat alles-in-een kan doen in ’n gejaagde leefstyl - Paarl Mall het die perfekte geskenk vir haar.

Geniet Moedersdag by die Paarl Mall en vul Ma se skilderdoek die naweek met kleurvolle herinneringe.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za