Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kitsbank-krisis

Kitsbank-krisis
 
2006-05-11


DIE afgelope 20 jaar het ons lewens al hoe meer afhanklik geraak van outomatiese tellermasjiene.

Dit is uiters gerieflik, want dit laat ons toe om 24 uur van die dag geld te trek. Maar misdadigers het ook hierdie nuttigheid aangegryp, en omskep in ’n gulde geleentheid vir misdaad.

Die voorval van die afgelope week waar ’n vrou van R5000 beroof is, deurdat swendelaars vir haar hulp aangebied het nadat hulle self met die OTM gepeuter het, is maar een van die vele gevalle wat al in die Drakenstein-gebied plaasgevind het.

Daar was ook al ander gevalle waar diewe mense vashou nadat geld getrek is, terwyl ’n medepligtige die geld gryp en weghardloop.

Wat die publiek moet besef, is dat ’n kitsbank-kaart en sy kode net so goed soos kontant is, solank daar geld in die rekening is.

As enigiemand dié inligting in die hande kry, is dit net so goed hulle kry jou beursie vol geld in die hande.

Dus is dit uiters belangrik dat enigiemand wat gebruik maak van ’n kitsbank bewus moet wees van die risiko's.

Aan die anderkant moet banke, wat die publiek slaan met van die hoogste banktariewe ter wêreld, ook verantwoordelikheid neem om kitsbanke te beveilig, en sodoende hul kliënte te beveilig.

Op die oud end betaal ons vir dienste elke keer wat ons geld trek by ’n OTM - banke kan die publiek bystaan deur sekuriteitskameras by al hul onttrekkingspunte te plaas.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za