Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verkeerd hanteer

Verkeerd hanteer
 
2006-05-11


EK rig hierdie skrywe na aanleiding van die brief “Munisipale wetstoepassing ’n klug” in die Paarl Post van 4 Mei.

Ek is ’n afgetrede wetstoepassingsbeampte na 30 jaar diens.

Dit is die eerste keer wat ek hoor dat ’n honde-oorlas (steurende geblaf, loop los in ’n openbare straat, bevuil private perseel, ens.) na die DBV verwys word.

Die DBV het nie die mag om so ’n kennisgewing uit te reik nie, nog minder om ’n boete op te lę of om die saak na die hof te neem.

Ons het hier te doen met ’n onbevoegde amptenaar, of die Drakenstein Munisipaliteit beskik nie oor verordeninge insake honde nie (wat ek betwyfel) of die amptenaar weet nie hoe om die verordening te vertolk en toe te pas nie.

’n Bietjie opleiding sal die węreld se goed doen.

SS Terblanche, Kraaifontein




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za