Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paulus dra uiteindelik Seweskroon

Paulus dra uiteindelik Seweskroon
 
2006-05-11


IN ’n ware riller van ’n eindstryd het Paulus Joubert Sekondêr Saterdag die Klein Nederburg Sekondêr/Benjamin Busdiens Sewestoernooi gewen.

Die eindstryd teen Schoonspruit Sekondêr van Malmesbury moes in ekstra tyd beslis word nadat die amptelike 40 minute speeltyd op ’n gelykop-uitslag van 19-19 uitgeloop het.

Paulus Joubert het in die halfeindstryd van die bekerafdeling die gasheerspan met 31-19 geklop, terwyl Schoonspruit op sy beurt vir
Noorder-Paarl 24-5 oorrompel het.

In die eindstryd van die plaatkompetisie het New Orleans teen Wesbank Sekondêr te staan gekom.

New Orleans het in sy halfeindstryd vir Groendal 19-7 geklop, terwyl Wesbank 36-10 met Kylemore Sekondêr afgereken het.

New Orleans het in die plaatfinaal te veel skietgoed gehad vir Wesbank en die wedstryd 37-12 gewen.

Met die tellings gelyk in die bekereindstryd moes die spanne ’n verdere tien minute (vyf minute aan ’n kant) speel.

Ná die eerste vyf minute was sake nog steeds gelyk.

Die wedstryd het in Paulus se guns geswaai toe Brent Newman, met sowat twee minute speeltyd oor, gaan druk het.

In die doodsnikke het ’n verdere drie deur Alfredo van Rooyen asook die suksesvolle doelskop die wedstryd buite Schoonspruit se bereik geplaas.

Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat Paulus Joubert na die bekereindstryd van dié kompetisie deurdring. Die vorige kere het New Orleans telkens die beker voor hul neuse weggeraap.

’n Totaal van 109 drieë is tydens die toernooi gedruk. Paulus Joubert het die meeste hiervan (22) gedruk.

Lendell Mitchells van Schoonspruit is die speler wat die meeste drieë (12) gedruk het. ’n Totaal van 659 punte is opgestapel.

Paulus het ook verlede week vir Weltevrede 10-3 gewen. Bradwell Swartz het gedruk en verdoel en ook ’n strafskop oorgesit.

Weltevrede se strafdoel is deur Reggie Adonis behaal.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za