Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe projek op Franschhoek

Nuwe projek op Franschhoek
 
2006-05-11


n LEEFSTYL wat die Franse “en ville” noem , dit wil sê rustig kleindorps, dikwels met die bekoring van jou eie wingerdjie en olyfboordjie - is nou ook Suid-Afrikaners en ander beleggers beskore.

En dit aan die soom van die natuurskone Franschhoek met sy sterk Franse inslag en eeue-oue wyntradisie.

Die nuwe ontwikkeling lê in die eerste draai van die Franschhoekpas, al met die bloekomlaan langs wat vroeër skadu aan reisigers verskaf het.

Dit volg die roete wat olifante berg-op geloop het en wat later ook deur die Khoi en Franse Hugenote gebruik is om die berg oor die laagste deel van sy kruin oor te steek.

Omdat armblankes in die depressiejare van die vroeë 1930’s die nuwe pas gebou het, het die naam Depressiepad ‘n tyd lank bly steek. Ook dié mense het die bloekoms se skade verwelkom.

L’Avenue de Franschhoek bestaan uit tien ruim erwe van 4 108m2 tot 7 357m2, waarvan deel vir ‘n woonhuis en tuin en deel vir ‘n wingerd en olyfbome ingeruim word.

Eienaars kies self hul plan, wat aan die ontwikkelaar se riglyne vir ‘n estetiese Frans-plattelandse boustyl moet voldoen en aan Franschhoek se historiese erfenis getrou moet bly.

Die uitleg en planne neem ook deurentyd die natuurprag van die omgewing in ag en die uitwissing van indringerplante is ‘n prioriteit. Erfpryse wissel van R1,8 miljoen tot R3,8 miljoen.

Ook deel van die projek, maar aan die ou Franschhoekse Hoofstraat, is nog agt kleiner erwe van tussen 1 090m2 en 1 538m2.

Aslo Eiendomme van die Paarl het reeds infrastruktuur soos ‘n aantreklike omheining, paaie met boomlanings, watervore, beligting en elektriese en ander koppelings afgerond en nooi voornemende beleggers om die terrein te besoek.

Die spel van lig op boom en struik en die murmeling van water skep veral saans ‘n wonderwêreld.

Die bloekomlaan, ‘n gronddam en sandwal demp die geluid van voertuie op die pas.

Eienaars sal oor die dienste van ‘n ervare wynmaker beskik en later selfs met wyn onder eie etiket kan spog.

Daar is vanselfsprekende voordele aan ‘n rustige plattelandse bestaan. Sien www.avenue franschhoek.co.za vir meer inligting.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za