Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions dryf Franschhoek in ’n hoek

Albions dryf Franschhoek in ’n hoek
 
2006-05-11


’n LANG wendroogte teen die span van Franschhoek het Saterdag vir Albions Rugbyklub tot ’n einde gekom toe hulle dié klub 17-10 geklop het.

Albions moes vir die afgelope drie seisoene telkens die knie buig wanneer hulle dié span op Franschhoek aangevat het.

Saterdag was die bordjies egter verhang en het die besoekers teen rustyd reeds 10-0 voorgeloop.

Hoewel die tuisspan met ’n swaarder pak gespeel het, het Albions nie ’n duim teruggestaan nie.

Dit was veral die besoekers se lostrio - Jenovan Cornelissen, Yulin Claasen en Leigh Marquard - wat die Franschhoek-agterlyn min beweegruimte gegee het.

Agterlangs het John Stevens met sy taktiese skoppe en goeie breekslae telkens die oog gevang. Hy is dan ook beloon met ’n drie, wat deur Ashley Raubenheimer (skrumskakel) verdoel is.

Raubenheimer was ook ’n uitblinker danksy sy skopvoet en die blitsige manier waarop hy sy agterlyn van balbesit voorsien het.

In die tweede helfte het Albions meer verdedig, met Franschhoek wat die besitvoordeel geniet het.

Op die halflyn breek Albions se haker, Waylain September, vanuit ’n los-fase en nael 30m met die bal voordat hy uitgee vir die slot Morné Goetham wat oor die doellyn val vir die beslissende drie.

Raubenheimer se doelskop maak die telling 17-5. Franschhoek antwoord met ’n drie, maar dit is te min, te laat.

Die tweede spanne het 0-0 gelykop gespeel terwyl Franschhoek III sy wedstryd 23-8 gewen het.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za