Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland steek sewe goues in sy sak

Boland steek sewe goues in sy sak
 
2006-05-11


DIE Suid-Afrikaanse Skole-atletiekspan was oortuigend die sterkste deelnemer aan die Suidelike State Skole Jeugatletiekkampioenskap wat Saterdag in Windhoek gehou is.

Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Lesotho het aan dié kampioenskap deelgeneem ter voorbereiding op die Suidelike State Jeugatletiekkampioenskap wat op 13 en 14 Mei in Madagaskar gehou word.

Die SA Skolespan het sowel die seuns- as die meisie-afdelings oorheers.

Die Suid-Afrikaanse seuns het 263 punte opgestapel, gevolg deur Botswana (142), Namibië (107) en Lesotho 1.

In die meisiesafdeling het Suid-Afrika 243 punte ingeryg, met Botswana 166, Namibië 148 en Lesotho 7.

Die Suid-Afrikaanse span het dan ook 29 van die 33 goue medaljes verower.

Die vier Bolandse atlete in die SA-span het skitterend gevaar deur hul items te wen en in die proses sewe goue medaljes vir hul land in te palm.

Die ster van die byeenkoms was die Caledonner Cornel Fredericks wat drie goue medaljes verower het in die 110mH (13,67s), 400mH (51,91s) en in die 4x400m aflos.

Die ander atlete is Liné Barnard van Hoër Meisieskool Paarl (gs 12,37m), Wilhelm van der Vyver van Paul Roos Gimnasium (200m 21,43, 4x100m aflos) en Victor Hogan van Caledon (dg 55,93m).

Die Paarliet Brendan du Plessis het die span as afrigter vergesel.

Hierdie naweek sal Angola, Botswana, Lesotho, Malawi, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Reunion, Seychelles, Suid-Afrika, Swaziland, Tanzania, Zambië en Zimbabwe aan die Suidelike State Jeugatletiekkampioenskap in Madagaskar deelneem.

Die Paarlse atleet Jo-Ann Williams van New Orleans Sekondêr wat nie aan bogenoemde byeenkoms kon deelneem nie omdat daar nie vir haar ’n item was nie, is ook deel van die SA Skolespan wat reeds vandag saam met die res van die span na Madagaskar vertrek. Sy neem deel aan die 3000mS.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za