Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roses nog onkeerbaar

Roses nog onkeerbaar
 
2006-05-11


DIE eerste span van Roses United is nog op soek na die span wat vanjaar vir hulle kan klop.

Roses het voorverlede naweek se 38-29 sege oor Worcester Villagers, Saterdag opgevolg met ’n 20-17 oorwinning oor Wesbank op Pelikaanpark.

Roses is nou die enigste onoorwonne span in die Boland se Superliga A1 nadat beide Wellington en Delicious Saterdag vasgeval het.

Roses se wedstryd is in moeilike weersomstandighede gespeel, en is gekenmerk deur harde spel onder beide die voor- en agterspelers.

Roses het in die eerste helfte met mening op die span van Wesbank toegeslaan en Martin Nel (haker) het ná goeie voorspelerspel oorgedryf vir Roses se eerste drie.

Goeie voorspelerspel het ook daartoe aanleiding gegee dat Brandon Arendse (skrumskakel) oorgeduik het vir Roses se tweede drie.

Die Roses-pak het veral met goeie dryfbewegings dinge vir Wesbank moeilik gemaak. Dit het dan ook tot die derde drie deur die slot, Burton Abrahams, gelei.

Die tuisspan het egter in die tweede helfte uitgesak en nie aan die verwagting voldoen nie. Die besoekers het met ’n goeie terugvegpoging vorendag gekom en die tuisskare benoud gehad.

Swak besluitneming op kritieke tye het verhoed dat Roses enige punte by hul rustydtelling voeg.

Roses se voorspelers het ’n harde wedstryd gespeel met Franzel September (flank en kaptein), Igie Korabie (agsteman) en Michael Abrahams (flank) wat telkens die oog gevang het.

Danie Roman was suksesvol met ’n doelskop en strafdoel.
Roses speel Saterdag teen Delicious op Ceres. Die busvertrek om 11:00 en is R25. Dit is ’n wedstryd wat Roses moet wen as hy sy aanspraak op die titel wil behou.

* Die verdedigende Boland-kampioen, Wellington Rugbyklub, het Saterdag op sy tuisveld sy rieme styfgeloop teen Ceres.

Die besoekers het die wedstryd 18-15 gewen. Dit is Wellington se eerste nederlaag in ’n Boland wedstryd ná 60 onoorwonne ligawedstryde wat oor drie seisoene gestrek het.

Die Ceres-pak het ’n gedugte stryd gevoer om hul span op die voorvoet te plaas.

Wellington se drieë is deur Clive Samuels en HP van Coller gedruk. Samuels het ook ’n strafdoel en doelskop oorgesit.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za