Waterbesparing kom eerste
2005-04-14
DAAR is al hoe meer kommer oor die lae vlak van damme na die lang droë somer. Maar Nederburg Primêr het ’n plan gemaak.
As bydrae tot waterbesparing plaas ‘waterseuns’ emmers onder elke kraan op die skoolterrein voor die aanvang van skool.
Gedurende pouses en wanneer die leerders water drink, hande was of wanneer die kraan oopgedraai word, word al die water in die emmer opgevang.
Na pouses en na skool word die water op die plante uitgegooi. Die ‘Waterseuns’ is Jacques Mayekiso en Ashley Samuels (leier),Dillon Prins, Damian Daars en Reginald Coenraad.
’n Munisipale projek om bewustheid van waterbesparing by skoliere te bevorder, word Dinsdagoggend in die Paarlse stadsaal afgesluit met ’n prysuitdeling vir die beste plakkate en koorsang oor water wat laerskoolleerlinge met Waterweek geproduseer het.
Die eerste pryse in albei kategorieë is ’n elektroniese klawerbord van sowat R3000. Die tweede en derdeprys is waterbesparingstoerusting. Sowat 17 skole neem deel in kategorieë vir verskillende ouderdomsgroepe.
More
News
|